’N SIRKEL WORD VOLTOOI MET SARONSBERG FULL CIRCLE SE TIEN OESJARE

Vrouekeur het berig dat lede van die media en die wynhandel het onlangs by die Cape Grace Hotel in die Kaapse Waterfront bymekaar gekom om ’n unieke vertikale oesjaar-wynproe van Full Circle-wyne van 2004 tot 2013 te geniet.Wynmaker en keldermeester Dewaldt Heyns, wat sedert die ontstaan van die kelder in 2004 wyn by Saronsberg maak, se droom was om met Shiraz te werk. Die Full Circle-reeks is dus ook ’n voltooiing van Dewaldt se droom om met hierdie druifsoort te werk én die vrugbare grond van Saronsberg waar Shiraz koning kraai.

Sarons1

Foto links: Wynskrywer en beoordelaar Cathy Marston staan by keldermeester en wynmaker Dewaldt Heyns.

Sarons2

Foto regs: Nicolette Waterford van Waterford Communications staan by die eienaar van Saronsberg, Nick van Huyssteen.

“Omdat dit van die begin af duidelik was dat Shiraz een van die mees konstant-presterende druifsoorte in die Tulbagh vallei is, was die geleentheid om ’n kelder met ’n Shiraz-fokus van die grond af op te bou regtig onweerstaanbaar,” sê Dewaldt Heyns. “Hierdie was ’n droom wat waar geword het. Van die begin af was ek vasbeslote om ’n Rhône-styl versnit wat die individuele druifsoorte se potensiaal vertoon, te maak. Daarom kon ons slegs die beste komponente van elk gebruik om iets uitnemends daarvan te maak – die Full Circle.”Full Circle is gemaak van vier druifsoorte: Shiraz, Grenache, Mourvèdre en Viognier (die 2004-2007-oesjare sluit nie Grenache in nie, omdat die wingerd te jonk was). Aanvanklik best online casino is ’n groot hoeveelheid druiwe ingekoop, maar die wingerd het groter geword en vandag word Full Circle uitsluitlik van druiwe van die plaas gemaak.

“Omdat ons geweet het dat ons later slegs druiwe van Saronsberg sal gebruik, het ons druiwe van wingerde met ’n soortgelyke terroir as ons s’n ingekoop,” verduidelik Dewaldt. “Ons wou die wyn wat styl betref dieselfde maak sodat wynliefhebbers dit elke keer onmiddellik herken. Die wingerd vir die Full Circle-versnit is vandag tussen 9 -12 jaar oud.”

Saronsberg kos

Voorgereg was “n gekaramelliseerde eiervrugslaai met bokmelkkaas-mousse, warm tamatie-vinaigrette en uieskyfies. Dis met die Saronsberg Grenache 2012 geniet.

Die Shiraz-druiwe vir Full Circle word van slegs drie blokke wingerd geoes. Dit vorm die ruggraat van die wyn en verteenwoordig slegs die beste van Saronsberg se Shiraz. Hierdie druifsoort bring die tipiese uitbundigheid van die rooi en donker bessievrug, asook die struktuur na die mondgevoel. Die Grenache kom van twee blokke wingerd, een ’n bosstok en een opgeleide wingerdblok met die bosstok reg langs een van die blokke Shiraz. Hierdie druiwe sorg vir elegante viooltjiegeure en soet bessievrug in die wyn terwyl die Mourvèdre, wat in skaliegrond geplant is, subtiele speserygeure, rooi bessievrug en ’n eenvoudige, aardse gevoel tot die mondgevoel bydrae.Die Viognier, wat tradisioneel met ander druiwe gegis word, is apart as ’n witwyn berei. “Omrede die doppe van Viognier nogal aggressief tydens gisting kan reageer, kan dit maklik die ander geure oorheers,” sê Dewaldt. “Ek verkies om die Viognier apart as witwyn te berei. Dit gee my die geleentheid om iets elegants te maak. Die Viognier verleen ’n gesofistikeerde en vol mondgevoel aan die wyn. Dit versag die rooi komponente se tannienstruktuur en verleen subtiele geelvrugte en blom-aromas tot die wyn wat weer bydra tot die kompleksiteit van hierdie versnit.”

“Hierdie oesjaar-wynproe vind op die perfekte tyd plaas, presies wanneer ons hierdie wyn se tiende bestaansjaar vier,” sê Nick van Huyssteen, eienaar van Saronsberg. “Dit was ’n liefdestaak, maar ook een van uithouvermoë en noukeurige aandag. Oor die jare heen het ons ’n wyn wat vele toekennings ontvang het, gemaak. Maar meer belangrik nog, ons het ’n wyn waaroor die verbruiker mal is, gemaak. Ons het waarlik die sirkel voltooi.”

Saronsberg is in 2002 bekom. Die volgende jaar in 2003 het ’n verwoestende veldbrand gelei tot die aanplant van nuwe wingerd en die aanstelling van Dewaldt Heyns as wynmaker. Vandag is Saronsberg bekend vir sy uitstekende wynportefeulje, veral Shiraz. Die ryk, vrugbare grond en klimaat word gekomplementeer met vaardighede in die wingerd en die kelder, wat duidelik blyk uit Heyns se opname in die gerespekteerde Kaapse Wynmakersgilde, ’n assosiasie wat van Suid-Afrika se beste wynmakers verteenwoordig. Saronsberg neem deel aan ’n hele aantal omgewingsverantwoordelike programme, waaronder die Biodiversiteit & Wyn Inisiatief.

Artikel Bron: http://bit.ly/1c2xQye

DEUR: Maryke Roberts
FOTO”S: Clifford Roberts