Kuns in die Kelder

Met die opening van die Fondation Louis Vuitton nuwe kunsruimte in Parys, het die baas van hierdie weeldegroep gesê kultuur en kuns raak al belangriker in die ‘ontwerp’ van ’n handelsmerk.  Die tradisie van ’n kunswerk op ’n wynetiket kom ’n lang pad. Die kuns op die château Mouton Rothschild bottels mag die bekendste wees, maar deesdae, met die globale stryd om herkenning op die wynrak, sien ’n mens dit al meer. Goeie kuns (ons praat nie van naweekskilderye, landskaptonele of oulike brons beeldjies nie) is nie alleen ’n pasmaat vir goeie wyn nie, maar ’n praktiese bemarkingswerktuig om toeriste te lok.

Goeie kuns verleen ook ’n meer gesofistikeerde beeld wat jou produk se status kan verhoog. Kunswerke is deesdae ’n groot aantrekking vir welgesteldes en behaal miljoene op veilings. Heelparty Suid-Afrikaanse wynprodusente het lankal die waarde besef, en besoekers aan die wynland staan soms verbaas oor die kuns wat hulle raakloop, die meevaller van wyn se kulturele plesier. Die plaaslike wyn-en-kuns-atlas strek oor ’n wye landskap en kan  ’n formidabele reisplan inspireer. Sou ’n mens in die land se oudste wynstreek wegspring, is groot constantia sekerlik op jou kaart. Dis ’n goeie begin, want op die geskiedkundige landgoed is van die heel eerste kunswerke – uit die goue Era en die voc – wat die verband tussen wyn en kultuur vestig.

Die deftige ou herehuis spog met pronk-meubels en skilderye wat onder die sorg van Iziko-museums van SA staan. ’n Mens sou ook kan betoog dat ons ganse wynkultuur in daardie skouspelagtige Anreith/Thibaultkeldergewel van 1791 geanker is.Beeldhoukuns van gans ’n ander aard, van oud tot modern, is om die draai by Steenberg. Wyle graham Beck se borgskap van die kunstenaar Eduardo villa is hier opvallend in talle kleurvolle beelde, beide in die wingerd en op die werf.

Om Beck se kuns-nalatenskap werklik te waardeer, moet ’n mens Robertson toe. ons draai in by daardie opvallende kelder-teendie-heuwel, tuiste van voorste vonkelwyne. hier, in ’n spesiale lokaal, is ’n sjarmante kunsmuseumin-die-kleine. onder die kunswerke is name soos Irma Stern, Fernand Leger, Lucky Sibiya, Walter Battiss, Elizabeth Frink en Karel Nel, waarskynlik een van die mees waardevolle versamelings van sy aard wat jy saam met ’n wynproe kan geniet.

Vir die pret, en in teenstelling met die ‘deftige kuns’ by graham Beck, besoek ons die ou kelder van die Du Toits op Wederom wat spog met ’n unieke muurskildery wat ’n Italiaanse krygsgevangene, giovanni Salvatori, in die Tweede Wêreldoorlog geskilder het. En dan is ons vort. Saronsberg, duskant die prentjiemooi dorp Tulbagh, is eweneens ’n besoek vir die kultuurspioen werd. onder die kunswerke wat eienaar Nick van huyssteen in sy versameling het, is gawe prente en beelde van Philip Badenhorst, Johann Louw, Norman catherine en claudette Schreuders. In vele opsigte weerspieël hierdie kuns die moderne optimisme wat Saronsberg se wyne definieer.

Nader aan die hartjie van die Boland trek ‘n nuwe geslag kleurvolle, kunstige, opwindende en grensverskuiwende wynmakers in die ou streke van Paarl en Stellenbosch jou aandag. groot K wynprodusente soos Nederburg en KWv besef hier die waarde van kultuur, lankal reeds. In La concorde by KWv is’n slim tentoonstelling van die maatskappy se waardevolle kunswerke wat saam met wyne uitgestal word. onder die ‘Sensorium’-opskrif is dit nommerpas vir toerisme. En uniek, want jy kan wyn-vir-wyn met ’n skildery vergelyk.

In vele opsigte die bakermat van Suid-Afrikaanse wyn die afgelope eeu, is Stellenbosch self ’n sentrum vir die visuele kunste. Kunslokale soos SMAc, online casino Dorpstraat en die Universiteit se galerye vra ruim tyd van wynen kunsbesoekers. Benewens die proe van die beste wyne wat die Simonsberggebied oplewer, kan besoekers aan Kanonkop-landgoed kuns in ‘n netjiese galery bewonder. Bo-op helshoogte is Delaire graff ’n swierige tuiste vir styl met die duurste Tretchikoff wat ooit verkoop is. By JT Ferreira se Tokara is ook talle kunswerke, beide by die wynkelder en die eetplek daarnaas. In eersgenoemde is gewoonlik uitstekende tentoonstellings wat deur die kurator Julia Meintjes saamgestel word en by die Deli tydelike installasies van opwindende werke deur bekende beeldhouers.

Capture

By glennelly plaas May de Lencquesaing, van adellike Franse wynafkoms, met groot gemak ‘kunstenaar’ en ‘wynmaker’ in dieselfde sin. Dis dus nie ’n verrassing nie dat die proelokaal ook ’n formidabele versameling kunstige glasware huisves, wat sowel antieke wynkuns as moderne glaskuns verteenwoordig.

Oor die berg na Franschhoek se kant, ’n dorp wat met talle gourmet-plekke vir beide kos en kuns spog, is dit wys om by grande Provence, waar knap jong kunstenaars se werk aangebied word, te stop. By Solms-Delta vertel Mark Solms, die bekende neuro-wetenskaplike wat agter die ontwaking van die kelder as kultuursentrum in Simondium sit, dat musiek, selfs meer as wyn, die tema en inspirasie op hierdie mooi plaas is. ’n Musiekmuseum, met ’n uitmuntende uitstalling van instrumente wat die oudste Kapenaars self gemaak en bespeel het, vertel ’n eiesoortige storie. Daar is selfs ’n presiese nabootsing van die tradisionele ghoema-trom.

Dis hier op Solms-Delta waar ’n mens onder die indruk van wyn en kuns se intieme verhouding kom. Stap om die wit geboue en jy kom op die enigmatiese muur af wat deur die kunstenaar Joachim Schonfeldt in opdrag gemaak is om die mense, plek en geskiedenis van die plaas te vereer. Tussen die 21ste-eeuse ‘plaaskunswerk’ op Wederom se muur en die 18deeeuse sierlike keldergewel op groot constantia lê ’n kultuurreis van die Suid-Afrikaanse wynbedryf wat jou dalk net mag inspireer. So leer jy hoe handelmerke plaaslik ontwerp is, so sien jy miskien die stryd om herkenning op die wynrak en so verstaan jy dalk die intieme verhouding tussen kuns, mens en wyn.